|
Welkom by
Ivan S. Lötter se navorsing oor die Lötters van Suider-Afrika Die volgende is ‘n opsoming van die inligting op dié
webwerf:
Matthias Lötter vanaf Augsburg, Swabe is die
stamvader van alle Lötters in Suid-Afrika. Na sy aankoms aan die Kaap in 1733
word hy ‘n vryburger en vestig hom in Kaapstad as silwersmid. Net drie van sy
seuns het afstammelinge in Suid-Afrika.
Sedert die 1500s was Augsburgse silwerkuns gesog
en Matthiase Lotter Snr en Jnr se silwerkunswerke van die 1600s is vandag nog
bekend. Die vroegste inskrywing van Lotters in Augsburg is in 1497 waar ses
Lotters in Augsburg se Belastingsregister genoem word. Carl Lotter se boek
oor die familie Lotter in Swabe werk terug tot Bartholomaüs Lotter wat in
1531 gebore is en ‘n ysterhandelaar van Augsburg was. Die Lötter-familie van
Regensburg se familiewapen wat Siebmacher in sy boek oor eerbare families
beskryf het, is dieselfde as die familiewapens wat Bartholomaus se seuns in
1606 beskrywe het.
Vir meer inligting lees die uittreksels wat op die
webblad gepubliseer is. STAMBOOM vertel kortliks die verhaal van die stamvader Matthias
en die stambome van sy drie seuns. ANGLO-BOERE OORLOG fokus op die Lötters se
aandeel in die oorlog en die Kommando van Kommandant Johannes Cornelius
LöTTER. FAMILIENAAM verduidelik die etimologiese oorsprong van
Lötter. FAMILIEWAPEN verduidelik die geskiedenis en betekenis
van die wapen. Volg die skakels in die tabel aan die linkerkant
van die tuisblad. E-pos ons gerus met u familie detail Kontak Die informasie op die webwerf is onderworpe aan
kopiereg. |
|
|
|
|